Wow, ek kan nie glo die tyd het gekom nie. Ek voel senuweeagtig tot diep binne in my maag vir dit wat voorlê. Gisteraand was my laatse community, my offisiële laaste enige iets permanent by CC. En selfs al weet ek dat ek vir altyd deel sal wees van daai familie...kan ek nie help maar om hiedie uiterse gevoel van leegte te ervaar nie. Dis moeilik, want aan die eenkant los jy die familie wie jy jou hele lewe al ken, mense voor wie jy groot geword het, wat al jou goeie en slegte haarstyl dae saam met jou ervaar het...en aan die ander kant lê daar hierdie groot oop stuk van niks, nog geen familie nie, maar ook 'n area met soveel moontlik hede. Ek voel soos 'n weeskind. En dan natuurlik doen jou familie al hiedrie oulike goed om 'baai' te sê...ek was blown away. En vir 'n sekonde wonder mens of dit alles die moeite werd gaan wees...of mens regtig iets so great moet agterlos en die groot sprong in die black hole in moet vat. Ek het vir 'n oomblik daar gesit en dink ek wil nie...maar ek moet, ek moet gehoorsaam wees. Dis tyd om uit die comfort zone te kom en myself te vind en te groei.
Dis scary, ek het nie 'n beter woord daarvoor nie! Ek troos my daarin dat die Here weet wat die plan is! Here help my!
Dis scary, ek het nie 'n beter woord daarvoor nie! Ek troos my daarin dat die Here weet wat die plan is! Here help my!
No comments:
Post a Comment