June 8, 2007

Happy sad - sad happy - happy happy sad

Funny hoe mens op die weirdste tye net buitensporig gelukkig kan voel en ander kere wanneer niks in die wêreld regtig druk nie voel mens alleen en eensaam of sommer net sad. Ek is seker mens kan dit soms aan vroulike hormone voorskryf...maar partykeer is dit net pleinweg vreemd. Ek het vandag my eksamen gedop (wel ek vermoed so). Dit was nou nie juis die grootste ekamen ooit nie en tel nie regtig vir baie nie. Maar ek haat dit om sleg te doen. En tog loop ek rond en voel ek net gelukkig, net lus om te smile - en, effens angswekkend, is ek min gespin oor die slegte eksamen. So what, who cares, let by gones be by gones. Hehe. Desré, wat gaan aan met jou - get with the program. Ai tog.

Sjoe, ek voel glad nie soos myself die afgelope tyd nie. Te veel hartseer, teleurstelling, worries - dit doen iets aan 'n mens. Dit verander jou tydelik...maar dis moeilik om weer te normaliseer. Mens dink anders, en funksioneer anders, prioriteite verander, tydsbeplanning val deur die mat...en baie van die tyd wil mens net bietjie 'veg', in jou bubble klim en weg bly van dit wat die realiteit so unreal laat voel. Maar op die selfde tyd gaan die lewe aan en kan mens nie vir ewig rondsit en jouself jammer kry nie. En as mens 'n christen is, staan mens op en beweeg aan met die wete dat iets beter voorlê, iets cooler en meer exciting as wat jy ooit kon dink. Ek dink dis al wat my regtig motiveer...die wete dat daar 'n bigger picture is. Die wete dat ek somehow, somewhere iets gaan bereik a.g.v dit waardeur ek is. Dis 'n pretty amazing thought.

Ek probeer regtig bou op my internal geluk, daai geluk wat ons almal behoort te hê, omdat ons volgelinge van christus is. Dis maar moeilik, want in die 'buite' wêreld sit mens op hierdie emotional rollercoaster....happy sad, sad happy, happy happy sad. Die simpelste goed (wel seker eintlik glad nie so simpel nie) trigger my soms en dan voel ek sommer net lus om te huil. En dis moeilik om in daai oomblik daai happiness binne in jou te vind...maar ek moet sê, dit raak al hoe makliker met oefening. Deur jouself te herinner daaraan. En ja mens mag jou oomblikke hê waar mens net wil huil...en gebruik dit...huil sommer dan alles uit!! En daarna, kyk op, smile en loof God omdat Hy so amazing is - gee Hom die kans om jou trane af te vee. Hy wil so graag.

Oefen om happy te wees in jou sadness :-)